TERME EN VOORWAARDES

1. Sien Toerplan voorsien / besoek ons webblad www.tjtoere.co.za vir die toerprys & toerprogram.

2. Daar is 'n toeslag op enkelkamers , wat toer spesifiek is; verkrygbaar op aanvraag.

3. Die toerprys is onderhewig aan vliegtuigkaartjie prys-veranderinge (Lugredery se ‘Taxes & Surcharges’).

4. Die toerprys is onderhewig aan veranderinge en gekoppel aan die Rand/Euro wisselkoers


5. Die toerprys sluit die volgende in:

• Retoervliegkaartjies vanaf Johannesburg na Europa / Rusland en terug.

• Lughawebelasting behalwe die gedeelte indien meer as R500 bokant die gekwoteerde lugdiensprys 

(bv. sou die belasting met R600 styg bokant die gekwoteerde waarde, betaal u slegs R100 in) .

• Kamer in toeristeklas-hotelle, met ontbyt elke dag, en meeste aandetes in Europa .

• Busvervoer in ‘n luukse, lugversorgde toerbus met toilet, koffiekroeg & koue verversings in Europa.

• Tolbelasting en parkeerkostes in Europa .

• Hawebelasting, asook busvervoer vanaf die lughawe.

• Ander ekstras soos aangedui in die Toerplan of op ons webblad www.tjtoere.co.za


6. Die volgende word nie ingesluit nie:

• Koste om ‘n paspoort en visum te verkry. Ons voorsien instruksies en dokumentasie om ‘n visum te bekom.

• Algemene fooitjies en sakgeld .

• Fooitjies van €20 per toerlid vir busbestuurder in Europa.

• Reisversekering wat Mediese dekking insluit. Ons bied wel hierdie diens aan om namens toerlede reisversekering aan te koop (meer inligting sal voorsien word) .

• Ander opsionele uitstappies en toegangsfooie.


KANSELLASIES:

• Toerlede wat tot 4 kalendermaande voor vertrekdatum skriftelik kanselleer sal 30% van hulle depositos terugontvang en die res van die ander reedsbetaalde gelde.

• Alle kansellasies op korter kennisgewing verbeur die deposito en terugbetalings van die res sal geskied op dieselfde skaal as wat Tienie Jonker Toere reeds betaalde fondse aan hotelle en ander instansies kan terugvorder, deur ‘n versoek aan die betrokke instansie te rig.


ALGEMEEN:

1. Alle fondse ontvang, word in ‘n Euro-trust rekening gehou totdat betalings aan hotelle, lugrederye ens. namens toerlede gemaak word.


2. Die toerbestuur behou die reg voor om die toer te kanselleer indien daar nie genoegsame inskrywings is om die toer ekonomies regverdigbaar te maak nie. Reeds betaalde toergelde sal ten volle terugbetaal word. Sou daar egter vis major wees wat die toer om enige rede in die diskresie van die toerbestuur in die weegskaal plaas wat veiligheid of praktiese uitvoerbaarheid betref en hulle dit kanselleer, sal die volgende aanwending vind: Soveel as wat nog nie per toerlid aan die leweransiers van dienste of goedere uitbetaal is nie of verplig is om nog betaal te word nie, word aan die toerlede terugbetaal.


3. As 'n toerlid se gedrag sodanig word dat dit die gladde verloop van die toer benadeel of aanstootlik is vir ander toerlede, behou Tienie Jonker Toere die reg voor om sodanige toerlid se deelname aan die toer summier op te skort sonder enige aanspreeklikheid of kompensasie aan die betrokke toerlid.


4. Die toerbestuur het die reg om die toerprogram te wysig, te verkort of te kanselleer in die belang van die veiligheid van die toerlede of as gevolg van onvoorsiene veranderings aan die vlugplanne van lugrederye en hotelbesprekings.


5. Toerlede moet gesond en fiks genoeg wees om ‘n toer wat trappe (min) en stap, insluit te kan meemaak.


6. Met die uitreiking of verkryging van enige kaartjie of koepon en die treffing van enige reëling vir vervoer of verblyf tree Tienie Jonker Toere slegs as u agent / middelman op en is hulle geensins aanspreeklik as prinsipale nie.


7. Tienie Jonker Toere aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige ongerief, verliese, skade, ens. wat mag voortspruit uit ongelukke, weersomstandighede, stakings, oproer, vertragings, oorlogsoptrede of enige onvoorsiene gebeure buite beheer van die toerbestuur nie. Die toerlid sal geen eis teen Tienie Jonker Toere of enige van sy personeel instel vir enige verlies, of skade wat met die toer verband hou, anders as in hierdie dokument vervat nie.


8. Dit is elke toerlid se persoonlike verantwoordelikheid om die nodige reisdokumente en visums te bekom; insluitende die maak van vroegtydige visumafsprake.


9. Bagasie en persoonlike eiendom wat op die toer meegeneem word, is op eienaar se risiko en u word aangeraai om dit self te verseker.


10. Indien u tas se afmetings (wiele en handvatsels ingesluit) groter is as 72cm x 50cm x 30cm kan ‘n hanteringsfooi van €5 (ongeveer R90) per dag gehef deur die busdiens. Indien die massa 23kg oorskrei word €2 per dag gehef.


11. Reisversekering: Indien u aangedui het dat Tienie Jonker Toere names u reisversekering moet uitneem, bly dit u verantwoordelikheid om die reisversekering polisdokumentasie noukeurig deur te gaan, en indien daar enige vrae, wysigings of kansellasies gedoen moet word, dat u Tienie Jonker Toere,  binne 48 uur vanaf ontvangs van die reisversekering polisdokumentasie, in kennis sal stel. Tienie Jonker Toere het geen aanspraak op die wysigings van terme en voorwaardes van die Versekeraar nie, en tree dus slegs op as agent / middelman met die verkryging van die dekking. 

WIL U IETS WEET?

U kan ons gerus direk skakel op 087 170 0714

of stuur ons 'n e-pos na tjtoere@jenny.co.za.


U kan ook hieronder u e-pos adres en telefoonnommer insit en ons skakel u dan terug.

E-pos* Required field!
Telefoonnommer Required field!

Volg ons op Facebook

Powered by

Your cart is empty Continue
Shopping Cart
Subtotal:
Discount 
Discount 
View Details
- +
Sold Out