EUROPESE 

BLOMMETOER

Die Blommetoer

Dag 1 – Vertrek vanaf JNB Internasionaal.  Geniet aandete aan boord asook ontbyt net voor ons land in Amsterdam.


Dag 2 – Land in die oggend op Amsterdam.  Kry ons persoonlike luukse lugversorgde bus by die lughawe en vertrek dadelik na die gewilde Volendam aan die walle van die Ljselmeer.


Dag 3 – Vandag is ‘n hoogtepunt!  Ons besoek die dorpie Lisse en die wêreld se bekendste tuine, Keukenhof.  In die middag besoek ons
Amsterdam en doen 'n gragtevaart.  Ons slaap weer buite Amsterdam in ons hotel.


Dag 4 – Vertrek net na ontbyt ooswaarts deur Nederland na Keulen in Duitsland. Besoek die wêreldbekende Dom met die grootste swaaiende klok in die wêreld (die klepel alleen weeg 1,6 ton).  Besoek die bekende 4711 “Eau de Cologne”.  Reis verder al langs die Ryn op verby vele middeleeuse kastele tot by Rüdesheim waar ons langs die Ryn oornag.


Dag 5 – Kuier vandag rustig in die geskiedkundige en pragtige Rüdesheim . Besoek die bekende Drosselgasse.  Wat van ‘n besoek per kabelkar oor die wingerde na die indrukwekkende Nierderwaldmonument?  Laatmiddag het ons ‘n Rynvaart vanaf St Goarshaussen, verby die Loreley terug na Rüdesheim.


Dag 6 – Sit vanoggend ons reis voort na die pragtigste dorpie Triberg.  Na ‘n besoek aan die koekoekhorlosiewinkels en die grootste koekoekhorlosie ter wêreld.  Ons vertrek na ons hotel in die Swartwoud waar ons oornag.


Dag 7 – Vertrek vanoggend vroeg na Switserland.  Bring ‘n besoek aan die berge en mere in die omgewing van Luzern.  As die weer dit toelaat kan ons een van die sneeubedekte bergspitse per sweefspoor besoek.


Dag 8 – Sit ons toer voort na en ry verder deur Switserland en die mooiste dele van Oostenryk na Ettal in Duitsland waar ons aan die voet van die Ammergeberge oornag.


Dag 9 – U kry vanoggend geleentheid om Neuschwanstein, die sprokieskasteel van koning Ludwig van Beiere te besoek.  In die middag besoek ons die mooi dorpie,  Oberammergau.  Oornag weer in Ettal.


Dag 10 – Reis na Unken in die Oostenrykse Alpe.  Hou u kamera reg vir die mooiste natuurskoon.  Oornag in die pragtigste dorpie Unken.  Die natuurskoon hier is onvergelyklik.


Dag 11 – Besoek Salzburg.  Sien die Mirabelpaleis, Salzsachrivier, Getreide Gasse, Mozart geboortehuis, Hohensalzburg en nog meer!  Besoek ’n geskiedkundige soutmyn waar u per treintjie kan inry en op ‘n ondergrondse meer kan vaar (beslis ’n hoogtepunt).  Oornag weer in Unken.


Dag 12 –  Ons groet Unken en reis vanoggend verby Zell am See en steek die onvergeetlike Grossglocknerpas oor.  Gewoonlik is die pas hierdie tyd van die jaar nog bedek met 'n sneeukombers.  Reis verder verby Villach na Italië.  Slaap vanaand in Lido de Jesolo so 200 meter vanaf die Adriatiese see.


Dag 13 – Heeldagbesoek aan Venesië per trein.  Besoek glasblasers, St Markusplein, brug van sugte, Grand Canal en vele meer.  Wat van 'n gondelvaart?


Dag 14 – Doen vir oulaas inkopies in Jesolo se straatjies voordat ons vertrek na die lughawe by Venesië vir ons vlug na JNB.  Aandete geniet u aan boord met 'n glasie wyn of drankie van u keuse.


Dag 15 – Land op JNB, stokflou na ‘n baie aangename en opwindende toer.

Met ontvangs van u deposito en inskrywingsvorm word u plek bespreek!


Toer 1: 26 April - 10 Mei 2025



Toer 2: 2 - 16 Mei 2025



Ongeveer R57 990

per persoon wat dubbel of twinkamer deel, gekoppel aan wisselkoersveranderinge 


Ekstras ingesluit by toerprys:

  • Retoer vliegkaartjie 
  • Lughawebelasting (meeste lugrederye vra tans meer as R7 500)
  • Ontbyt en driegang aandete elke dag, behalwe 2 aandete
  • Gragtevaart in Amsterdam
  • Bootvaart op die Rynrivier in Duitsland
  • Treinkaartjie na Venesië (retoer)


Nie ingesluit nie:

  • Kostes om by die lughawe in Johannesburg te kom

  • Koste om ‘n paspoort en visum te kry
  • Reisversekering
  • Addisionele uitstappies
  • Fooitjies
  • Enkelkamertoeslag ongeveer R4000



Deposito betaalbaar is R6 000 per persoon

WIL U IETS WEET?

U kan ons gerus direk skakel op 087 170 0714

of stuur ons 'n e-pos na tjtoere@jenny.co.za.


U kan ook hieronder u e-pos adres en telefoonnommer insit en ons skakel u dan terug.

E-pos* Required field!
Telefoonnommer Required field!

Volg ons op Facebook

Powered by

Your cart is empty Continue
Shopping Cart
Subtotal:
Discount 
Discount 
View Details
- +
Sold Out