BRITSE EILANDE TOER

17 Fantastiese dae in Engeland, Skotland, Ierland en Wallis

Dag 1 – Vertrek die aand vanaf JNB Internasionaal.  Geniet aandete aan boord, asook ontbyt net voor ons die volgende oggend land in London .


Dag 2 – Kry ons persoonlike luukse lugversorgde bus by die lughawe en vertrek dadelik na die dorpie Windsor, bekend vir sy pragtige kasteel en somertuiste van die koninklike familie.  Hierna vertrek ons na ons hotel in sentraal London. Aandete self by een van die pubs of restaurante in die omgewing.  Oornag vir die volgende 3 dae in London.


Dag 3 – Heeldagbesoek aan London – Big Ben en parlementsgeboue, Trafalgar Square, Covent Garden, Kensington Paleis, Hyde Park, Hamleys, Harrods, London Eye, Buckingham Paleis, Oxfordstraat…te veel om op te noem!   Aandete self.

 

Dag 4 – Vandag is ’n vry dag.  U kry die geleentheid om op eie stoom die stad te verken.  Aandete self.


Dag 5 – Ons vertrek net na ontbyt.   Doen aan by die wêreldbekende Stonehenge oppad na die Romeinse stadjie, Bath.  Ons oornag in Bath.


Dag 6 – Reis vanoggend verder deur die Cotswalds, van die mooiste dele van die Engelse platteland, oppad na Shakespeare se geboortedorp, Stratford-upon-Avon.  Besoek ook Warwick-kasteel.  Oornag in Stratford.


Dag 7 – Vandag reis ons verder noordwaarts deur Engeland en besoek die geskiedkundige stad, York, met sy pragtige katedraal.   Ons oornag in die dorpie, Wetherby, in Yorkshire.


Dag 8 – Sit vanoggend ons reis noordwaarts verder voort.  Ons steek die grens oor na Skotland en slaap vanaand in die hartjie van die ikoniese stad, Edinburgh.. Aandete op eie stoom.


Dag 9 – Heeldagbesoek aan Edinburgh.  Besoek die impossante kasteel, tuiste van die kroonjuwele of stap op met die heuwel na Arthur's Seat in Holyrood Park vir asemrowende uitsigte van die stad.  Wat van whiskey proe by een van die vele distilleerders of 'n wandelinkie in die spookagtige netwerk van tonnels en katakombes wat onderdeur die stad kronkel?  Aandete op eie stoom.


Dag 10 – Vanoggend reis ons suidwaarts na Engeland se Mere-distrik (Lake District).  Ons reis verby die geskiedkundige Hadrian’s Wall, die groot skeiding tussen die Noorde en die Suide van Engeland tot waar ons vir die volgende twee aande oornag by ons hotel in die Mere-distrik.


Dag 11 – Vandag kry u die geleentheid om die natuurskoon in te neem van die Mere-Distrik.  Ons besoek onder meer die Beatrix Potter-dorpie, Bowness-on-Windermere reg langs Lake Windermere.


Dag 12 – Vertrek vroegoggend na Cymru oftewel Wallis aan die suid-weste van Groot Brittanje. Oppad soontoe doen ons aan by die mooi dorp, Chester wat sy oorsprong as fort uit die era van die Romeinse Ryk het.  Ons reis tot by Llandudno, aan die kus van die Ierse see in Wallis.  Hier oornag ons vir die volgende twee aande.


Dag 13 – Vandag kry u die geleentheid om Llandudno te verken en op die pragtige Victoriaanse kaai rond te loop.  In die middag geniet diegene wat wil ’n tremrit na die Great Orme berg vir pragtige uitsigte.


Dag 14 – Ons vertrek vroegoggend na Holyhead waar ons per ferrieboot vertrek na Ierland. Met aankoms doen ons dadelik ’n stadstoer van Dublin voor ons inboek by ons hotel in die hartjie van Dublin.


Dag 15 – Vandag verken ons die hoofstad van die Republiek van Ierland, Dublin. aan die walle van die Liffey rivier.  Besoek onder meer St. Stephens Green, Guinness Store House en die Jameson Distilliry, Trinity College en die Book of Kells en nog vele meer.  Wat van ‘n eg Ierse kuiertjie in die straat van Temple Bar? Aandete op eie stoom.


Dag 16 – Ons laaste dag in Ierland.  Eet vir oulaas bangers ‘n mash of ‘n boxty want later vandag vlieg ons terug na Suid-Afrika.


Dag 17 – Ons land in Johannesburg, stokflou na ’n fantastiese toer!


Met ontvangs van u deposito en inskrywingsvorm word u plek bespreek!


Voorlopig 2025

Ongeveer R69 990 

per persoon wat dubbel of twinkamer deel, gekoppel aan  wisselkoersveranderinge en vliegtuigkaartjiepryse


Ons gewilde bustoer van Engeland, Skotland, Wallis en Ierland

Ingesluit by u toerprys:

  • Retoer vliegkaartjies
  • Lughawebelasting (meeste rederye vra tans meer as R7 500)
  • Ontbyt elke dag, meeste aandetes
  • Bootrit vanaf Llandudno na Ierland (ferrie)


Nie ingesluit nie:

  • Kostes om by die lughawe in Johannesburg te kom
  • Koste om ‘n paspoort en visum te kry
  • Reisversekering
  • Addisionele uitstappies
  • Fooitjies
  • Enkelkamertoeslag Ongeveer R12 500


Deposito betaalbaar is R10 000 per persoon

WIL U IETS WEET?

U kan ons gerus direk skakel op 087 170 0714

of stuur ons 'n e-pos na tjtoere@jenny.co.za.


U kan ook hieronder u e-pos adres en telefoonnommer insit en ons skakel u dan terug.

E-pos* Required field!
Telefoonnommer Required field!

Volg ons op Facebook

Powered by

Your cart is empty Continue
Shopping Cart
Subtotal:
Discount 
Discount 
View Details
- +
Sold Out