DESEMBER

KERS – EN SKITOER 

Duitsland, Oostenryk en die Tjeggiese Republiek!

Dag 1 – Vertrek vanaf JNB Internasionaal. Geniet aandete aan boord asook ontbyt net voor ons land in München in Duitsland.


Dag 2 – Ons land in München en vertrek dadelik noordwaarts na Velburg in Frankonië waar ons vir die volgende twee aande tuisgaan in hierdie plattelandse dorpie. Oppad soontoe doen ons aan by Ingolstad, ’n universiteitsstadjie aan die walle van die Donaurivier.


Dag 3 - Vandag besoek ons Duitsland se oudste kersmark, Nuremberg Christkindlesmarkt in die Hauptmarkt, tuiste van een van Europa se grootste kersmarkte wat jaarliks bykans twee miljoen besoekers lok.  Jy gaan die geleentheid kry om hierdie mooi stad te ervaar met al sy lekkernye, gemmerkoekies, rooi bier en pragtige argitektuur.



Dag 4 -5 Ons vertrek vanoggend ooswaart na die sprokiesagtige “Stad met ’n honderd torings” oftewel soos ons dit ken, Praag, hoofstad van die Tjeggiese Republiek. Vir die volgende 2 dae bly ons in ’n hotel in Praag, met ’n moltreinstasie regoorkant die hotel wat jou binne 15 minute na die middestad neem. Met ons bus gaan ons vanaf ons hotel ook verskillende uitstappies onderneem en weereens sal die program bepaal word deur die weers- en verkeersomstandighede asook die voorkeure en behoeftes van ons toerlede.


Wat ons wel op die program in gedagte het, is ‘n:

• besoek aan al die belangrikste kersmarkte in Praag, onder meer die kersmark in Wenceslas-plein en die reuse mark in die ou stadsplein by Jan Hus se monument. Hier is snuisterye, versierings en kos te kus en te keur. Wat van geroosterde kastaiings of ‘n glasie Absinthe?

• bootvaart op die Vltava-rivier om Praag se mooiste argitektuur te bewonder terwyl u aan warm sjokolade smul. 

• eg Tjeggiese aand met tradisionele kos, drankies (ingesluit), sang, dans en vermaak.

• geleentheid om ‘n klassieke uitvoering by te woon in een van Praag se pragtige katedrale of konsertsale.

• besoek aan Praag kasteel en die St. Vitus katedraal, die historiese Karlsburg, die Astronomiese klok, bier by Vytopna die bekende treintjierestaurant en nog vele meer. Wat van ‘n pilsner bedien in ‘n middeleeuse taverne vir ‘n regte “Game of Thrones”-ervaring!


Dag 6 – Vandag pak ons die reis aan na Oostenryk waar ons vir die volgende vyf aande in die hartjie van die Oostenrykse Alpe tuisgaan in die mooiste plattelandse dorpie in die sogenaamde Heutal vallei.


Dag 7 – 11 Vandag kan die ski-entoesiaste hul avontuur begin. Daar is ’n hele aantal ski-lope in die Heutal met kabelkarretjies in die nabye omgewing vir diegene wat wil gaan ski. Ski-toerusting kan maklik gehuur word, maar die nodige klere moet u self aanskaf. (Ons stuur vir u ’n lys van nodige klere op aanvraag).

Die hotel gaan ons help met die aankoop van ‘n “ski-pass” kaartjie wat u in staat stel om die vervoerstelsel (busse & kabelspore) na die ski-lope te gebruik. Vanweë die feit dat ons ’n paar dae vertoef, het ons die luuksheid dat ons nie elke dag ‘n vaste program hoef te volg nie. Ons kan dus die program van dag tot dag aanpas volgens ons behoeftes en natuurlik die weersomstandigdhede.

Vir diegene wat liefs nie wil ski nie, of wat nie vir die hele tydperk vir wil ski nie, is die volgende op die spyskaart vir die volgende 5 dae:

Besoek aan Salzburg. Sien die Mirabelpaleis, die Salzachrivier, Getreidegasse met sy mooi liggies oor Kersfees, Mozart geboortehuis, Hohensalzburg en nog vele meer.

• ’n Marionette-vertoning deur die wêreldebekende Salzburgse Marionette Theater.

• Besoek die kersmarkte by die Hellbrunpaleis en die Domplatz.

• Reis na die Mondsee en besoek die kersmarkte by St. Wolfgang en St. Gilgen. Ry met die sneeutrein op in die berg en geniet glühwein tussen die wolke.

• Besoek Oberndorf waar Stille Nag die eerste keer in die St. Nicolakerk opgevoer is.

• Uitstappie na Berchtesgaden en sy mooie kersmark. Geleentheid om met ’n treintjie die berg in te ry en te sien hoe sout uitgehaal word.

• Leer ( en proe) hoe word eg Oostenrykse schnapps gemaak.

• Lanternstap in die aand in die sneeu.

• Leer tradisionele apfelstrudl maak by ons hotel in Oostenryk.

• Besoek glasmakery in Oostenryk se kleinste stadjie.

• Besoek die Konigsee en vaar op die meer terwyl trompetgeskal deur die berge eggo.

• Besoek Innsbruck en sy vele kersmarkte. 

• Ry met die trein en kabelspoor teen die Hungerberg op vir die mooiste uitsigte en speel in die sneeu.


Dag 12 - Ons laaste dag het aangebreek. Ons groet Oostenryk en vertrek net na ontbyt vir ons reis noordwaarts na München in Duitsland. Ons doen ‘n besoek aan die middestad en geniet vir oulaas ‘n Kersmark. Na ‘n lekker duitse biertjie in die ikoniese Hofbräuhaus, vertrek ons na die lughawe vir ons terugvlug na Johannesburg.


Dag 13 -   Ons land in JNB na ‘n feestlike Kerstoer, net mooi betyds vir ‘n sonnige Somerskersfees.


Met ontvangs van u deposito en inskrywingsvorm word u plek bespreek!


Deposito betaalbaar is R6000 per persoon


15 - 27 Desember 2024



per persoon wat dubbel of twinkamer deel, gekoppel aan wisselkoersveranderinge en vliegtuigkaartjiepryse


Hierdie is 'n unieke toer op aanvraag van talle van ons hooggewaardeerde oud toerlede wat graag saam met ons 'n wit, Europese Kersfees wil meemaak.  Ons maak voorsiening vir die behoeftes van ons jonger toerlede, wat dalk wil ski, terwyl ons voldoende geleenthede bied vir die seniors met ander belangstellings.

Ekstras ingesluit by u toerprys:

Lughawebelasting (meeste rederye vra tans meer as R6 000)

Ontbyt en 3-gang aandetes elke dag, buiten een aand.

Vervoer in luukse bus

Afrikaanssprekende gidse elke dag


Nie ingesluit nie:

Koste om ‘n paspoort en visum te kry.

Reisversekering

Opsionele besoeke/uitstappies, ander verversings, drankies, fooitjies vir kelners ens.

Kostes verbonde aan ski.

Fooitjie vir die busbestuurder

Enkelkamertoeslag R4950


WIL U IETS WEET?

U kan ons gerus direk skakel op 087 170 0714

of stuur ons 'n e-pos na tjtoere@jenny.co.za.


U kan ook hieronder u e-pos adres en telefoonnommer insit en ons skakel u dan terug.

E-pos* Required field!
Telefoonnommer Required field!

Volg ons op Facebook

Powered by

Your cart is empty Continue
Shopping Cart
Subtotal:
Discount 
Discount 
View Details
- +
Sold Out