OOS-EUROPA en KROASIëTOER

Ons gewilde sakpastoer van die mooiste dele van Kroasië, Oos-Europa en die Balkanlande.

(Let wel: hierdie is die normale roete vir ons Oos-Europa toer maar daar kan veranderings wees vanweë weer, verkeer en ander onvoorsiene omstandighede).


Dag 1 – Vertrek die middag vanaf JNB Internasionaal.  Geniet aandete aan boord asook ontbyt net voor ons land in die Tjeggiese Republiek.


Dag 2 – Kry ons persoonlike luukse lugversorgde bus by die lughawe en vertrek dadelik na Praag.  Besoek die Praagse kasteel waar u waarskynlik ‘n wisseling van die wag kan sien.  Geleentheid om St.Vituskatedraal te sien.


Dag 3 – Heeldag in Praag.  Stap met die historiese Karelsbrug oor die Moldou en besoek die ou stadsplein, die astronomiese klok, St Wensclassplein en vele meer.


Dag 4 – Reis deur die Tjeggiese platteland.  Ons doen aan by mooiste dorpie, Telc, en dan na Wene in Oostenryk.  Besoek die Straussmonument in die stadspark. Vanaand geleentheid om ‘n Strausskonsert by te woon.


Dag 5 – Verken Wene die oggend.  Sien onder meer die Weense Operahuis, die St. Stephansplatz en die pragtige somerpaleis van die Hapsburgers, die Schoenbrunn.  Oornag weer in Wene.


Dag 6 – Vertrek vroegoggend na die pragtige Bratislava in Slovakye waar ons die mooi stadjie besoek.    Hierna reis ons verder deur die Hongaarse platteland na Budapest, hoofstad van Hongarye waar ons die volgende twee aande oornag.


Dag 7 – Vandag doen ons ‘n stadstoer per bus van Budapest.  Sien onder meer die Heldeplein, kasteelgebied, Vissermansbastion en kettingbrug.  Vanaand het ons 'n bootvaart met musiek terwyl ons deur Budapest vaar op die Donou.


Dag 8 – Ons vertrek vroeg en reis na een van die groenste lande in die wêreld – Slovenië.


Dag 9 – Vandag besoek ons Ljubljana, hoofstad van Slovenië en die asemrowend mooie Bled met sy blouselblou water.  Wat van bietjie tobaggoning teen die ski-loop af vir die geesdriftiges?  Oornag weer net buite Ljubljana.


Dag 10 – Vandag besoek ons die Postojna-grotte – die grootste grotnetwerk in die wêreld en ’n moet-ervaring.  Daarna reis ons verder na Krk-eiland in Kroasië waar ons vir die volgende 3 dae tuisgaan.


Dag 11 – Ons verken die eilande in die baai van Kvarner vandag.  U kan heerlik in die blouste-blou water swem en rondkuier of wat van ’n bootvaart na sommige van die ander eilande?


Dag 12– Vandag verken ons Kroasië se kus verby Rijeka en Opatija na Kroasië se Istria provinsie.  Ons doen aan by prentjiemooie kusdorpies onder andere Rovinj en Hum.


Dag 13 – Ons vertrek vroeg na Plitvice, in die middel van Kroasië en een van die natuurwonders van die wêreld met sy 16 mere en watervalle.  Hier verwyl ons ’n hele paar uur voor ons na die hotel vertrek.


Dag 14 – Nadat ons opgepak het, reis ons na Zagreb vir ons vlug na JNB.  Aandete geniet u aan boord met ‘n glasie wyn of drankie van u keuse.


Dag 15 – Geniet ontbyt op die vliegtuig.  Land op JNB, stokflou na ‘n baie aangename en opwindende toer.


Met ontvangs van u deposito en inskrywingsvorm word u plek bespreek!


25 Mei - 8 Junie 2025

Ongeveer R56 990

per persoon wat dubbel of twinkamer deel, gekoppel aan wisselkoersveranderinge





Ekstras ingesluit by u toerprys:

  • Retoer vliegkaartjies  
  • Lughawebelasting (meeste lugrederye vra tans meer as R7 500)
  • Ontbyt en driegang aandete elke dag. behalwe 2 aande (groep uitstappies)
  • Bootvaart op die Donou rivier in Budapest


Nie ingesluit nie:

  • Kostes om by die lughawe in Johannesburg te kom

  • Koste om ‘n paspoort en visum te kry
  • Reisversekering
  • Addisionele uitstappies
  • Fooitjies
  • Enkelkamertoeslag ongeveer R9203


Deposito betaalbaar is R6 000 per persoon

WIL U IETS WEET?

U kan ons gerus direk skakel op 087 170 0714

of stuur ons 'n e-pos na tjtoere@jenny.co.za.


U kan ook hieronder u e-pos adres en telefoonnommer insit en ons skakel u dan terug.

E-pos* Required field!
Telefoonnommer Required field!

Volg ons op Facebook

Powered by

Your cart is empty Continue
Shopping Cart
Subtotal:
Discount 
Discount 
View Details
- +
Sold Out