VivA TAAL-EN- TEGNOLOGIETOER

VivA Taal- en tegnologietoer

vir skoliere

Dag 1 –  Ons vertrek vanmiddag vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe of Kaapstad Internasionale Lughawe en geniet aandete aan boord.


Dag 2 – Net ná ontbyt land ons in Parys. Ons luukse lugversorgde bus wag by die lughawe en vertrek dadelik na die ikoniese kunstenaarsbuurt, Montmartre. Vanaf die wondermooie Sacré Coeur het mens ’n onbelemmerde uitsig oor die stad. Hierna vertrek ons na ons hotel waar ons die volgende twee aande tuisgaan. In die aand ry ons met die moltrein om die Eiffeltoring se liggies te aanskou.


Dag 3 – Ons verken vandag Parys se middestad. Vroegoggend vertrek ons vir ons besoek aan die Eiffeltoring waar jy die geleentheid kry om hierin op te gaan. Daarna volg onder meer die Notre Dame, een van die beste voorbeelde van Frans-Gotiese argitektuur en die mooi Hotel de Ville; die Operahuis, die Arc d’Triomfe en die Louvre is net ’n paar besienswaardighede wat op ons wag.


Dag 4 – Ons vertrek vroegoggend noordwaarts en reis deur die Franse platteland voor ons die grens oorsteek na België waar ons vir die volgende twee aande in die prentjiemooie Brugge tuisgaan. Ons besoek die middag Brugge museum en kry die geleentheid om deur middel van VR ( virtuele realitieit) ‘n kykie te kry van hoe Brugge in die middeleeue gelyk het.


Dag 5 – Vandag besoek ons die Poësiesentrum, tuiste van ’n groot versameling Afrikaanse poësie in die mooi stadjie Gent. Daarna volg ‘n besoek aan die Universiteit Gent, asook die Gentse Sentrum vir Afrikaans en die Studie van Suid-Afrika is op vanoggend se program. Daarna kry jy geleentheid om inkopies te doen in hierdie pragtige stadjie.


Dag 6 – Ons groet Brugge vandag en reis verder noord na Antwerpen, stad van diamante, en die modemekka van Noord-Europa. ’n Mede-Suid-Afrikaner wat hier woon, begelei ons op ’n staptoer deur die stad en vertel ons meer van die dag tot dag lewe in Antwerpen.


Dag 7 – Vandag reis ons na Nederland. Ons doen aan by Rotterdam waar ons ‘n fantastiese grafiese uitstalling van Nederlandse kunstenaars, Remastered, beleef. Ons kry ook die geleentheid om hierdie stad se asemrowende moderne argitektuur in te neem. Hierna vertrek ons na ons hotel in die platteland net buite Amsterdam, waar ons vir die volgende 3 aande oornag.


Dag 8 – Ná ontbyt vertrek ons na die bekende studentestad Leiden waar ons onder meer die Instituut voor de Nederlandse Taal by die universiteit besoek en meer oor hierdie universiteit uitvind. Na ons besoek aan Leiden, reis ons na die mooiste visserdorpie, Volendam, om eg Nederlandse tradisies eersteshands te ervaar. Ons doen ook ‘n besoek aan ‘n kaas-en klompemakery.


Dag 9 – Vandag besoek ons sentraal Amsterdam waar ons onder meer ‘n gragtevaart doen, Google hoofkwartiere besoek asook die Zuid-Afrikahuis in die hartjie van Amsterdam. Hierna kry jy die geleentheid om inkopies te doen en van die gewilde fritjes te proe.


Dag 10 – Ons groet Nederland vanoggend en steek die grens oor na Duitsland waar ons by die stad, Keulen (Cologne), aandoen – bekend vir sy pragtige Domkerk en keulse water ( cologne). Ons reis dan verder tot in die Rynvallei waar ons oornag in ‘n dorpie reg langs die walle van Europa se bekendste rivier – die Ryn.


Dag 11 – Ons reis neem ons verder deur Duitsland na die bekende studentestad, Heidelberg. Die universtiteit in Heidelberg is nie net Duitsland se oudste universiteit nie, maar word ook as een van Duitsland se top drie universiteite gereken, waaronder die Mediese Fakulteit die topposisie beklee. Ons besoek ook die pragtige kasteel van Heidelberg en oornag in die mooi stad.


Dag 12 – Die laaste dag van die toer het aangebreek. Ons vertrek in die oggend vanaf ons hotel na Frankfurt vir ‘n besoek aan die stad voor ons vlug in die aand terug.


Dag 13 – Wanneer ons op OR Tambo Internasionale Lughawe land, is ons stokflou ná ’n opwindende en onvergeetlike toer.

19 September - 1 Oktober 2024

skoolvakansie 


Ongeveer

R52 950 per leerder


Toerplan & Toerprys vir 2024 sal bevestig word gedurende April 2024


Deposito betaalbaar is R10 000 per persoon


Ekstras ingesluit by toerprys:

  • Retoer vliegkaartjie 
  • Lughawebelasting (meeste lugrederye vra tans meer as R7 500)
  • Ontbyt elke dag
  • Helfte van die aandetes


Nie ingesluit nie:

  • Kostes om by die lughawe in Johannesburg te kom

  • Koste om ‘n paspoort en visum te kry
  • Reisversekering
  • Addisionele uitstappies
  • Fooitjies




WIL U IETS WEET?

U kan ons gerus direk skakel op 087 170 0714

of stuur ons 'n e-pos na tjtoere@jenny.co.za.


U kan ook hieronder u e-pos adres en telefoonnommer insit en ons skakel u dan terug.

E-pos* Required field!
Telefoonnommer Required field!

Volg ons op Facebook

Powered by

Your cart is empty Continue
Shopping Cart
Subtotal:
Discount 
Discount 
View Details
- +
Sold Out