EUROPA SOMER BUSTOER MET ANDRE RIEU

Ons gewilde Julie bustoer.  Ideaal ook vir ‘n eerste besoeker aan Europa.

Vergelyk gerus ons prys met ander toere van dieselfde lengte en ekstras

Toerplan

Dag 1 Vertrek die aand vanaf JNB Internasionaal . Geniet aandete aan boord en ‘n drankie van u keuse.


Dag 2 Land in Zurich en kry ons persoonlike luukse lugversorgde bus by die lughawe. Ry na die pragtige stad Lucern met sy kapelbrug en hartroerende Leeumonument.  Laatmiddag vertrek ons na ons hotel in die berge by Engelberg.


Dag 3 Ons vertrek vanoggend na Engelberg, ‘n dorpie in die hartjie van Switzerland, waar ons, as die weer gunstig is, per sweefspoor met die 3239 meter hoë Titlis bergpiek kan opgaan.  Hierna reis ons verder wes na die kanton van Bern en besoek die mooi dorpie Brienz en Interlaken.


Dag 4 Ons sit ons toer voort vandag na Frankryk se Alsace provinsie waar ons vir die volgende twee dae tuisgaan. Hierdie streek is bekend vir sy wyne, veral Riesling wyne en cremant vonkelwyn, en is een van Europa se top 20 toeriste bestemmings.


Dag 5 Vandag verken ons die Alsace-streek. Ons besoek Colmar, Riquewihr en Eguisheim waar ons onder meer van die jaar se lekkerste wyne proe.


Dag 6 Vandag reis ons ooswaarts deur Frankryk se Champagne streek verby Reims, die hoofstad van hierdie borreldrankie, na die stad van ewige romantiek – Parys – waar ons vir die volgende twee aande tuisgaan.


Dag 7 Vandag doen ons ‘n heeldagbesoek aan Parys. U kry voldoende voorligting om u eie ding te doen of saam met die toerleier te beweeg. Wat van ’n besoek aan die kunstenaarsbuurt by die Mont Martre, ‘n besoek aan die Louvre, inkopies in die Champs Elysees of ‘n besoek aan die Eiffeltoring?


Dag 8 Reis vanoggend noordwaarts deur die Franse- en Belgiese platteland na Brugge, oftewel die Venesië van die Noorde met al sy kanaaltjies. Oppad soontoe doen ons aan in die mooi dorpie Gent. Slaap in die hartjie van Brugge.


Dag 9 Heeldag besoek aan die pragtige stadjie Brugge. Besoek die Grote Markt, koop Belgiese kant en sjokolade. Moet net nie vergeet om ‘n Kwak of ‘n Kriek te drink nie! Vanaand kan u by enige van die vele restaurantjies binne loopafstand van die hotel gaan eet.


Dag 10 Ons vertrek vanoggend na Antwerpen, Noord-Europa se stad van mode en diamante. Ons kuier die oggend in hierdie mooie stad voordat ons na Eindhoven (groep 1) of Leuven (groep 2) vertrek, in Nederland, waar ons oornag.


Dag 11 Vanoggend kry u die geleentheid om Eindhoven/Leuven te verken voor ons namiddag vertrek na Maastricht. Hier kan u rondstap en die ongelooflike stadjie en atmosfeer beleef. Om 21:00 begin die feestelike vertoning van die stad se geliefde inwonder, André Rieu. Hierdie is ‘n hoogtepunt van die toer wat u nie mag misloop nie! Oornag in Eindhoven.


Dag 12 Vertrek net na ontbyt en ry na Amsterdam vir ’n vinnige besoek aan hierdie mooi stad voordat ons na die lughawe vertrek vir ons vlug terug na Suid- Afrika die aand.


Dag 13 Land laatmiddag op JNB Internasionaal, stokflou na ‘n baie aangename en opwindende toer


Met ontvangs van u deposito en inskrywingsvorm word u plek bespreek!


Datums vir ons twee toere:


Toer 1: 25 Junie - 7 Julie 2024 - Volbespreek

Toer 2: 2 Julie - 14 Julie 2024 - Volbespreek



R58 600

per persoon wat dubbel of twinkamer deel, gekoppel aan wisselkoersveranderinge en vliegtuigkaartjiepryse



Ons is tans volbespreek maar kontak ons gerus en plaas ons jou besonderhede op die waglys.


Deposito betaalbaar is R6 000 per persoon vir plek bespreking


Ekstras ingesluit by u toerprys:

Retoer vliegkaartjies

Lughawebelasting (meeste lugrederye vra tans meer as R6 000)

Ontbyt en driegang aandete elke dag, behalwe 4 aandetes 

André Rieu konsertkaartjie 


Nie ingesluit nie:

Kostes om by die lughawe in Johannesburg te kom

Koste om ‘n paspoort en visum te kry

Reisversekering

Addisionele uitstappies

Fooitjies

Enkelkamertoeslag:

Toer 1: R11 880

Toer 2: R10 642.50



WIL U IETS WEET?

U kan ons gerus direk skakel op 087 170 0714

of stuur ons 'n e-pos na tjtoere@jenny.co.za.


U kan ook hieronder u e-pos adres en telefoonnommer insit en ons skakel u dan terug.

E-pos* Required field!
Telefoonnommer Required field!

Volg ons op Facebook

Powered by

Your cart is empty Continue
Shopping Cart
Subtotal:
Discount 
Discount 
View Details
- +
Sold Out