GELUKKIGE TOERLEDE SKRYF



Elsabe Bowles ( Rusland 2019) skryf: Baie baie dankie vir ‘n absolute ongelooflike toer – het dit SO baie geniet. Dankie vir al die lag en pret – en spesiaal aan Mandie en Dirk. Asb laat ons weet wanneer julle weer ‘n toer doen dat ons kan bespreek!!!


Lynn Johnson ( Rusland 2019 ) skryf: Mandie, you are an inspiration and your enthusiasm made for an awesome experience. The food was sumptuous, the weather could not have been better and the group was made up of the most kind and caring people. Really amazing! With thanks to everyone for their contribution to making this such a wonderful “Rusland Boottoer”.


Annemarie Mulder (Oos-Europa 2019) skryf: Baie dankie an ieder en elk se bydrae vir ‘n wonderlike toer saam met Tienie Jonker Toere. Mooiste plekke besoek, herinneringe waaroor ons nog baie gaan nadink. Lekker groep mense gewees, lekker geslaap, lekker geëet. Dankie Louis, Andre en Tilly.


Gerald en Cecile Gaigher ( Oos-Europa 2019) skryf: Baie dankie aan die toerleiers en elkeen van julle se bydrae en ekstra raad om ons toer sooo fantasties en spesiaal te maak. Ons sal julle en hierdie wonderlike toer nooit vergeet nie.


Jeanette Nel ( Oos-Europa 2019) skryf: Opregte dank en waardering aan elkeen vir julle besondere bydrae om dit ‘n onvergeetlike toer te maak. Louis ook vir jou juweel verrassinkies en Andre en Tilly vir die omgee en hulp.


Corlia Hauptfleisch (Mediterreenste Toer 2019) skryf: Dit was n goed georganiseerde toer propvol lag, goeie vriende en mooi onthou oomblikke. Dankie Louis!


Edie Pieters ( Mediterreense Toer 2019) skryf: ‘n Heerlike toer saam met Tienie Jonker Toere. Julle kry dit reg om elke keer’ n aangename groep mense saam te sit wat elke keer as vriende uit mekaar te gaan.


Elma Janse van Rensburg (Mediterreense Toer 2019) Was jare terug op die blommetoer, dit is beslis die moeite werd, pragtige plekke word besoek. Sal oor 2 jaar weer die blommetoer doen maar nou eers hierdie jaar…Meditereense Bustoer in Sept ’19…Jipee!!


Ria Joubert ( Blommetoer 2019) Kry nog n joppie Gaan staan by die robot met n asb plakaat. Jy moet n Tienie Jonker toer doen Dit is waarde vir geld Ek weet!


Marieta Pietersen ( Desember Kerstoer 2018) skryf: Baie baie dankie aan ons wonderlike toerleiers vir ‘n onvergeetlike Witkersfeestoer! Dit was heerlik om saam te kon toer en nuwe horisonne te kon beleef.


Albert Kruger ( Desember Kerstoer 2018) skryf: Baie dankie oom Tienie vir al julle reëlings. Ons het dit ongelooflik baie geniet. Sal Tienie Jonker Toer vir almal aanbeveel.


Marinda Fraser-Macdonald (Desember Kerstoer 2018) skryf: Tienie en Mandie mens kan sien dat julle al gesout is in hierdie toer ervaring! Julle het uit julle pad gegaan om alles vlot te laat verloop.


Estelle de Bruin ( Desember Kerstoer 2018 ) skryf: ‘n Witkersfeestoer wat ek nooit sal vergeet nie…dankie aan die toerleiers en al my medereisigers wat die Witkersfeestoer een van my hoogtepunte in my lewe gemaak het.


Jo-Rika Ackermann ( Mei Blommetoer 2018) skryf: Wil net dankie sê aan almal wat hierdie toer ‘n onvergeetlike ervaring gemaak het…julle is fantastiese mense om te geleer ken het en om saam mee te getoer het. Baie dankie ook aan Em en Pierre. Julle is freaking awesome!


Peet en Lettie Venter ( Mei Blommetoer 2018) skryf: Pierre en Em, baie baie dankie vir ‘n wonderlike toer wat julle so uitstekend gelei het. Baie dankie ook aan al die ander vriendelike toergenote wat dit vir my en Lettie so gemaklik gemaak het om by te bly. Groete en hoop ons loop mekaar weer iewers raak, dalk nog op ‘n TJtoer!


Marietha Papenfus ( Mei Blommetoer 2018) skryf: Pierre, Em en elke liewe toerlid sê ek dankie vir ‘n onvergeetlike twee weke.


Leatitia van der Merwe ( Mei Blommetoer 2018) skryf: Wil net vir een en almal baie dankie sê vir die vriendskap, liefde en omgee tydens die toer. Ek dink al die lag het meer gedoen as vitamines of opkikkers. Dankie Pierre en Em, julle was great!


Marina Hoffman ( Mei Blommetoer 2018) skryf: Ons harte loop oor van al die mooi natuurskoon en andersheid wat ons kon beleef en die bonus is al die nuwe vriendskappe wat gesmee is. Ek hou beslis dinge dop en sal nog graag weer so toer wil onderneem.


Bets de Jongh ( Mei Blommetoer 2018) skryf: Baie dankie vir ‘n heerlike toer. Die natuurskoon en Keukenhof se blomme is iets wat ek beleef het wat in my geheue sal vaskleef.


Jennifer Botha ( Mei Russiese Bootvaart 2018) skryf: Nogmaals baie dankie Mandie vir jou harde werk en geduld. Ons haal ons hoed af vir jou.En one moenie vir Dirk vergeet nie. Baie dankie vir jou insette ook. Lekker getoer!


Tessa de Jager ( Mei Russiese Bootvaart 2018) skryf: Aan al die spoke van Rusland – baie baie dankie vir ‘n heerlike vakansie met ‘n groep wonderlike mense.


Nelmarie en Willie van Eeden ( Mei Russiese Bootvaart 2018) skryf: Liewe Mandie en Dirk, weereens dankie vir jul liefde en geduld met ons. Elke oomblik was spesiaal.


Dot Nagel (Mei Russiese Bootvaart 2018) skryf: Baie dankie vir ‘n wonderlike toer. Waardeer al die moeite en geduld van Mandie en Dirk.


Boy Spies ( Mei Russiese Bootvaart 2018) skryf: Baie dankie Mandie en Dirk vir die mees fantastiese toer ooit!


Tom en Julie Kruger ( Mei Russiese Bootvaart 2018) skryf: Ek en my vroutjie, was een van die gelukkige mensies wat die afgelope Ruslandtoer met ander gelukkige mense kon meemaak. Wat n belewenis! Dit was n absolute fees van dat ons by O Tambo kon opklim en weer uiteindelik by O

Tambo kon land. Hiervoor wil ek vir jou en jou bestuur baie, baie dankie sê. Die toer was goed beplan en goed bestuur. As jy wil weet hoe ek oor die toerleier Mandie voel – wat n formidabele mens! Ek is alweer lus vir volgende jaar se toer, sal sien!


Santie Dold-Chapman (April Blommetoer 2018) skryf: Beste mnr. Jonker, dit was ‘n voorreg om saam met jou span te toer. Vanaf die eerste e-mail tot die laaste groet. Nogmaals dankie aan Louis wat met sy entoesiasme ons aangespoort het om gou weer by julle in te val. Em en Pierre, julle was sterre. Tot weersiens.


Rita Koch (April Blommetoer 2018) skryf: Baie dankie weereens aan almal vir jul bydrae tot ‘n onvergeetlike vakansie. Nogmaals dankie Louis, Pierre en Em – julle is toerleiers van formaat!


Cecilia van den Heever (April Blommetoer 2018) skryf: Wil ook net sê dat Tienie Jonker Toere 5ster gehalte is. Julle kry A++. Baie dankie ook aan Louis wat die troppie so goed gelei het.


Toekie Swanepoel (April Blommetoer 2018) skryf: Baie dankie vir ‘n puik toer met pragtige mense. Tienie, jy kan trots wees op Louis en sy span. Sien julle weer in die toerkoms.


Deon en Ferinda Schoeman (April Blommetoer 2018) skryf: Baie dankie vir ‘n fantastiese toer. Pragtige mense en pragtige dinge. Wat ‘n voorreg. Julle reëlings was puik.


Lucy en Amanda Briel (April Blommetoer 2018) skryf: Dit was voorwaar baie spesiaal. Herinneringe wat ons nog jare oor kan glimlag. Dankie Tienie Jonker en ons puik toerleiers.


Erika van Zyl (April Blommetoer 2018) skryf: Dit was ‘n wonderlike toer. Baie dankie aan ons wonderlike toerleiers. Elke dag was ‘n hoogtepunt. Kon nie in my wildste drome dink dit sou so fantasties wees nie. Ons was ‘n mean team!


Magdalena van Staden ( Desember Kerstoer 2017) skryf: Baie dankie Tienie vir ‘n ongelooflike toer!!! Ons was baie bevoorreg om saam met die groep te gaan. Ons het ongelooflike mense ontmoet wat ons nooit sal vergeet nie. Baie dankie aan julle en ook aan elke lid van die groep.


Mariana en AD Roux ( Desember Kerstoer 2017) skryf: Baie dankie vir die heerlike samesyn. Vreemde gesigte het binne ‘n week soos vriende geword. Oom Tienie en Mandie: baie dankie vir die puik reëlings en goeie beplanning. Dit was vir ons ‘n ongelooflike ervaring.


Jane en Chantele le Roux ( Desember Kerstoer 2017) skryf: Was voorwaar ‘n toer uit die boonste rakke. Baie dankie aan Tienie en Mandie en al die toerlede vir ‘n onvergeetlike kuier saam met julle.


Zelda Bellingan ( Desember Kerstoer 2017) skryf: Dit was voorwaar ‘n ongelooflike lekker toer saam met baie spesiale mense. Dankie oom Tienie en Mandie, julle het julle goed van julle taak gekwyt!


Susan Burgess ( Desember Kerstoer 2017) skryf: Baie dankie Tienie en Mandie vir ‘n onvergeetlike toer saam met julle. Dit was baie spesiaal om so baie nuwe vriende te maak. Mandie, jou kennis en staaltjies het elke plekkie besonders gemaak! Ons maak sommer gou weer so.


Nico en Elsabe Fourie ( Somer Bustoer met Andre Rieu, Julie 2017) skryf: Die toer is uitstekend beplan en ons toergidse was whau – ons het soveel beleef en ervaar – soveel ekstras wat Louis ingewerk het. Dra asb ons dank, waardering en groete oor Louis, Pierre en Em.


Veronica Fourie ( Somer Bustoer met Andre Rieu, Julie 2017) skryf: Dit was ‘n onvergeetlike ondervinding en laat ‘n soet smaak! Dankie vir uitsonderlike reëlings.


Elmarie van Niekerk ( Somer Bustoer met Andre Rieu, Julie 2017) skryf: Ek het die toer baie geniet en sal TJToere graag aanbeveel by vriende en familie. EK spaar al klaar vir my volgende toer!


Christa Pretorius ( Somer Bustoer met Andre Rieu, Julie 2017) skryf: Die afgelope Julie vakansie was ek op die Europa toer saam met Louis, ek het die toer baie geniet. Dit was uitstekend gereël en alles het glad verloop. Ons het ongelooflik baie plekke besoek. Daar was genoeg tyd om jou eie ding te doen. Ek sal weer saam met julle toer!


Trudie van der Merwe (Oos-Europa en Kroasië, Junie 2017) skryf: Ons het nou van Praag se toer af teruggekom. Was pragtig, mooi natuur, baie gesien. Tienie en Louis julle was tops!


Elize Otto_Hendriksz (Oos-Europa en Kroasië, Junie 2017) skryf: Ons is pas terug van Oos-Europa saam met Tienie en Louis. Dit was ‘n lieflike toer en ons het ons gate uit geniet. Tienie en Louis julle is uitstekende toerleiers. Almal baie mooi gehanteer. Tienie Jonker Toere se naam sal altyd hoog bly in my boekie!


Jannie en Annemarie vd Walt (Oos-Europa en Kroasië, Junie 2017) skryf: Dit neem ons so rukkie om tot verhaal te kom na so ‘n besige trippie maar ons wil net baie baie dankie sê vir dit waaraan julle ons bekend gestel het. Ons het die toer verskriklik geniet en baie geleer.


Piet en Nellie de Crom (Rusland Boottoer, Mei 2017) skryf: Baie dankie vir al julle leiding tydens die toer, Klaas en Elna. Dit was heerlik om so saam met ONS mense te kon wees. Ons hoop ons kan weer so maak.


Elizabeth Venter ( Rusland Boottoer, Mei 2017) skryf: Baie dankie dit was fantasties en n ware belewenis! Ek het baie respek vir die Russiese volk ontwikkel. Baie dankie vir julle puik reelings…alles het wonderlik verloop! Dit was n voorreg om op die toer te kon gewees het!


Willie en Mariana Wilkinson (Blommetoer April 2017) skryf: Ons het spottenderwys vir almal wat gevra het hoe die toer was gesê dat ons dit in drie woorde kan opsom, naamlik WON-DER-LIK!! Dit was werklik `n belewenis wat ons nooit sal vergeet nie en nogmaals hartlik dankie vir julle aandeel en opoffering. Ons sal julle sover ons gaan aanbeveel.


Engela Cruywagen (Blommetoer April 2017) skryf: Baie dankie Tienie en Elza vir ‘n wonderlike toer. Vir al jul sorgsaamheid, geduld ,liefde en hulp tydens die toer. Elke oggend se open en sang was baie spesiaal – doen so voort.


Ronnie en Anita Basson (Blommetoer April 2017) skryf: Noudat alles in ons lewens weer terugkeer na normaal kan ons elke dag rustig herkou aan al die wonderlike herinneringe aan die fantastiese blommetoer wat ons saam met julle kon meemaak. Ons wil graag vir julle dankie sê vir julle uitnemendheid as leiers en organiseerders van hierdie toer. Alles het so vlot verloop en enige probleme waarvan ons geweet het en dalk nie van bewus was nie is op ‘n kalm en doeltreffende wyse opgelos. Baie dankie julle vir 14 onvergeetlike dae. Ons het dit voorwaar baie geniet. Dankie ook net vir julle menswees, dit was ‘n voorreg om julle te kon leer ken.


Cobus en Irma Gerber (Blommetoer April 2017) skryf: Baie dankie vir ‘n wonderlike en goeie toer, ons het dit verskriklik baie geniet. Dankie vir al julle moeite, opofferings en geduld, dit word opreg waardeer.


Johan en Esna Morkel (Blommetoer April 2017) skryf: Ons het die toer baie geniet. Soveel so dat ons graag weer saam met met julle wil toer as dit vir ons beskore is.


Anne Hilder (Blommetoer April 2017) skryf: Dankie nogmaals Elza vir julle groot aandeel in my herinneringe wat ‘n leeftyd sal hou.


Joey Schoeman (Desember 2016) skryf: Baie dankie net weer eens vir al julle reëlings. Ek het dit werklik geniet en dit het aan al my verwagtinge voldoen!


Sonja en Brendon Mann (Desember 2016) skryf: Ons het n onvergeetlike ervaring gehad! ‘n Goeie balans tussen kersmarkte, musiek, kultuur, vermaak en vrye tyd.


Wernich Lemmer ( Desember 2016) skryf: Weereens baie dankie! Julle was great. Merk myne sommer alles 5 uit 5!

Magda van Niekerk en Rassie van der Merwe (Desember 2016) skryf: Ek wil dankie sê vir ‘n ongelooflike Wit Kersfeestoer! Dit was ons beste ooit! Dankie vir die mooi musiek op die bus, Rassie sê spesiaal dankie vir die saamsing Oukersaand in die foyer!


Melissa Cloete (September 2016) skryf: Baie dankie dat julle altyd soveel moeite gedoen het om te probeer vir ons soveel plekker te wys, al was dit nie op die program nie het julle altyd probeer en altyd n plan gemaak!!


Herman Viljoen (September 2016) skryf: Dit was fantasties! Dankie oom Tienie, Elza en Mandie!


Gretchen Klue (September 2016) skryf: Ek kan nie anders as om vir julle volpunte te gee nie. Al kon ek nie alles op die toer meemaak nie, was dit beslis waarde vir die geld. Wonderlike toer, toerleiers, inligting en busbestuurder. Nogmaals baie dankie.


Rinette Pratt (September 2016) skryf: Met die grootste vrymoedigheid kan ek sê dit was ‘n absolute WONDERLIKE toer met uitstekende toerleiers. Duisend dankies aan julle…en vir julle geduld. Ek salueer julle!!


Charlene Klinkert (September 2016) skryf: Ek verlang na die toer, ek verlang na almal!!! Wat ‘n wonderlike toer. Almal het dit geniet maar ek die meeste!


Beba Alley (September 2016) skryf: TJ and Elza, you are incredible people….thank you. God bless.


Carmen Jooste (September 2016) skryf: Baie baie dankie vir ‘n ongelooflike heerlike toer! Julle was so amazing! Baie interessante feite, stories en grappies. Belangstelling in elke een van onse stories ens. Het nuwe vriende gemaak. Gaan nou met gemengde gevoelens huistoe maar met ‘n lied in my hart.


Rencia Davies (September 2016) skryf: Dit was die mees fantastiese vakansie. Dankie dat julle almal dit nog lekkerder gemaak het.


Renet Conradie (September 2016) skryf: Aan TJToere, Tienie, Elza en Mandie en al die vriende wat ek gemaak het op hierdie onvergeetlike toer, wil ek net weereens sê dankie vir alles. Julle vriendelikheid en hulp, lag en gesels is onvergeetlik.


Wilna du Toit (September 2016) skryf: Ek wil net dankie sê vir ‘n fantasmagoriese vakansie. Ek het dit so geniet. Julle het my uitgeput, maar so moet dit mos wees!


Gretchen Klue (September 2016) skryf: Baie dankie Tienie, Elza en Mandie vir ‘n onvergeetlike toer. Ons het so baie gesien en geleer en wonderlike herinneringe en vriende gemaak…en watter fantastiese groep was dit nie!!! Dis juis oud en jonk wat die toer so suksesvol gemaak het. Ek het sommer weer opnuut hoop gekry vir ons fantastiese, flukse jongspan!


AD en Marianna Roux (Julie 2016) skryf: Baie dankie aan Louis vir ‘n onvergeetlike toer! Baie dankie vir al sy geduld, energie, entoesiasme, moeite en bedagsaamheid. Ons sal môre weer saam met hom toer as ons die geleentheid ( en geld) kon hê. Ons het heerlik geëet.


Agnita en Joe Els (Julie 2016) skryf: Ek wou net sê dat ek en my man (veral ek), steeds op ‘n “high” is, na die toer.. ekself het oneindige heimweë – om te dink dat ek dalk nooit weer so iets sal kan meemaak nie..

Hierdie Toer het ons lewens verryk. Slegs my kinders se geboortedae, gradeplegtighede en troues was vir my mooier.. my verwagtinge was hemelhoog, maar dis by verre oortref!! Ek het ons vriende al jare lank probeer oorreed om so ‘n toer na Europa saam met ons te onderneem, en ek was skrikkerig dat hul dalk nie tevrede sou wees nie.. wel hulle het Vrydag gesê dit was die beste 2 weke van hulle lewens!!!

Ek sal Tienie Jonker Toere adverteer sover ek gaan. Ek het báie meer ontvang as waarop ek gehoop het. Louis Gerber het ‘n besondere talent om toeriste dit te bied waaroor hulle gedroom het. Hy was professioneel sowel as tegemoetkomend – ‘n baie sterk leier.

Nogmaals dankie vir soveel waarde vir geld. Ek was spyt dat ons nie plek gekry het op die Lentetoer nie, maar sal voortaan altyd ‘n somertoer aanbeveel. Ek gaan slaap met groengroen prentjies met pienkrooi blombakke en silwer riviere in my kop.. en soveel meer.


Willie en Anette van der Walt (Rusland 2016) skryf: Dit was voorwaar ‘n goed georganiseerde toer. Ons was gelukkig gewees om so ‘n goeie en hulpvaardige toerleier te kon hê. Ons maak beslis weer so!


Denise Laubscher (Rusland 2016) skryf: Baie dankie dit was n wonderlike toer. Mandie was tops en ons mede toer vriende het so goed saam “gebond”.


Deon en Zanne Bosman (Rusland 2016) skryf: Met Mandie as toerleier kon ons vir niks beter beter gevra het nie. Sy het ekstra myle geloop…nee gehardloop! Haar betrokkenheid en energie het hierdie toer ‘n onvergeetlike ervaring gemaak!


Hendrik en Anso Steyn (Mei 2016) skryf: Ons grootste dank aan elkeen betrokke by die reëlings van die toer! Dit was n onvergeetlike vakansie en ons herinneringe daaraan sal ons lewe lank by ons bly!


Emma Prinsloo (Mei 2016) skryf: My foto’s is ‘n FEEEEEES!!! Klaar op dvd en almal snak na asem. Nou ja, eers genoeg. Nou spaar vir volgende bekostigbare toer!!!!!


Riette en Cornie Badenhorst (Mei 2016) skryf: Dit was n wonderlike toer en jul kan by al die punte 5 uit 5 gee. Ons was baie tevrede en Klaas en Elna was baie goeie toerleiers wat baie moeite gedoen het en uit hul pad gegaan het om vir ons spesiale goed te wys. Ek sal baie beslis weer in die toekoms van julle toere gebruik maak.


Tienie Odendaal (Mei 2016) skryf: Ek het die toer baie geniet en lekker mense ontmoet en vriende geword. Baie dankie vir ‘n wonderlike belewenis!


Dalene Blom (Kerstoer 2015) skryf: Dit was die heerlikste toer saam met die beste toerleiers ooit. Ek sal altyd saam met Tienie Jonker Toere toer.


Antonie Muller( Kerstoer 2015) skryf: Uitstekende toer, niks om oor te kla nie. Baie goeie verblyf en kos. Vriendelikste toerleiers met baie kennis, wysheid en probleemoplossingsvaardighede!


Engela en Anthony Munnik skryf (Mei 2014): Baie dankie vir die wonderlike en goed georganiseerde toer, vir ons was dit onvergeetlik. Die verblyf en etes was puik. Die hele toer was so propvol besienswaardighede wat ingepas was in die kort tydjie, die toer was sowaar waarde vir geld. Jou toerleiers was wonderlik, hulle het uit hul pad gegaan om alles vir ons baie besonders te maak. Daar was nie ‘n vervelige oomblik nie danksy Klaas se grappies en kwinkslae en deurlopende inligting. Elna het na elkeen van ons omgesien met raad en daad, ons bewonder albei van hulle vir hul liefdevolle geduld, deernis en harde werk.

Dankie vir al die reelings vooraf, alles het wonderlik verloop


Ampie en Hettie Ras (Mei 2014) skryf:

Ons kan die toer met een woord beskryf, nl : HEERLIK.

Klaas en Elna was vir ons wonderlike toerleiers wat ons kon verryk met hulle kennis van Europa. ( Tienie moenie hierdie sin verder lees nie, dit is Net vir Klaas en Elna se oë bedoel : Baie dankie vir die ekstratjies wat julle vir ons gereël het, dit was so spesiaal en ons waardeer dit regtig baie).\Wat die weer en reën betref, dit is ‘n Godgegewe en ons mag nie daarteen protesteer nie, so persoonlik het dit ons regtig nie gepla nie. Al die ander pragtige natuurverskynsels het in elkgeval daarvoor vergoed.

Ons is sooo dankbaar dat ons sulke wonderlike vriende op die toer gemaak het. Dit was regtig ‘n plesier om almal te ontmoet en mee kon kuier en vriende maak. Baie dankie vir elkeen van julle vir julle vriendelikheid, liefde en besorgdheid.

Armin was ‘n fantastiese busbestuurder!! Nooit het hy onverskillig bestuur of ons onveilig in die bus laat voel nie en hy was kostellik met sy “advertensie vir sy busdiens”.


Joe En Linda du Toit (September 2014) skryf:

Ek en Linda praat nog steeds van die toer, so die indrukke en die ervarings is blywend. My e-pos is bietjie lank oor sy tyd, maar dit is hoe dit gaan as ‘n mens na ‘n vakansie terug is by die werk. Ons wil net graag vir jou en Louis baie dankie sê, dit was werklik vir ons ‘n heerlike toer en alles het goed verloop. Die detail waaraan julle aandag gee en om so ‘n klomp uiteenlopende mense te hanteer, kan net deur ervaring, goeie organisering en die regte gesindheid geskied. Nogmaals baie dankie!

Tienie, ‘n gelowige leier soos jy, lei met liefde, kalmte en selfbeheersing, is te alle tye net in beheer van homself en dit wat hy moet doen. So, baie dankie vir jou menswaardigheid, respek en uiters diplomatiese optrede wanneer daar ook bietjie dissipline moet wees ens. Dit alles saam met jou mededeelsaamheid van kennis en vorige ervarings, het baie beïndruk en dit vir ons die moeite werd gemaak.

Louis, jy het die toer uit ‘n ander hoek, baie goed aangevul. Ons kon ook sien hoe gemak en meer selfvertrou ingeskop het, maar met so ‘n goeie leermeester, kan dit seker nie anders nie. Ons is oortuig daarvan dat jy binnekort ook ‘n groot toermeester gaan wees. Dankie ook vir jou geselsies, geduld en begrip vir hoe ouer mense optree ens.

WIL U IETS WEET?

U kan ons gerus direk skakel op 087 170 0714

of stuur ons 'n e-pos na tjtoere@jenny.co.za.


U kan ook hieronder u e-pos adres en telefoonnommer insit en ons skakel u dan terug.

E-pos* Required field!
Telefoonnommer Required field!

Volg ons op Facebook

Powered by

Your cart is empty Continue
Shopping Cart
Subtotal:
Discount 
Discount 
View Details
- +
Sold Out