SPANJE PORTUGAL TOER

Ervaar die hoogtepunte van Spanje en Portugal met ons nuutste roete!

Dag 1 – Vertrek die aand vanaf JNB Internasionaal. Geniet aandete aan boord asook ontbyt net voor ons land in Madrid.


Dag 2 – Kry ons persoonlike luukse lugversorgde bus by die lughawe en vertrek vir ’n toer van die pragtige stad. Ons slaap in die hartjie van Madrid.


Dag 3 – Vandag kry ons die geleentheid om Madrid te ervaar en te leer ken. Met ’n plaaslike gids besoek ons onder andere ook die Koninklike Paleis waar die Koninklike Familie van Spanje woonagtig is. Hierdie is ook een van Europa se grootste paleise. Ons maak ’n draai by die Plaza de Toros de Las Ventas, die bulgeveg arena in Madrid. Vir die sokkergeesdriftiges is dit ‘n belewenis om die Real Madrid Stadion van naby af te sien en dan kry die inkopie-entoesiaste geleentheid om bietjie in die winkels rond te snuffel. Slaap weer in Madrid.


Dag 4 – Ons vertrek vanoggend vroeg en reis weswaarts. Ons doen aan by een van Spanje se belangrikste universiteitsstede, Salamanca, met sy ryke geskiedenis en pragtige brûe. Ons steek die grens oor na Portugal en reis na die pragtige stad, Porto, waar ons die volgende twee aande tuisgaan.


Dag 5 – Vandag verken ons die Portugal se tweede grootste stad aan die voete van die Douro-vallei, Porto. Hier kry ons die geleentheid om heerlik inkopies te doen en van die wêreldbekende port te proe!


Dag 6 – Vandag reis ons verder deur Portugal. Ons kuier in Aveiro, beter bekend as die Venesië van Portugal, met sy kanaalsisteem en kleurvolle moliceiros-bootjies. Later doen ons aan in die mooiste klein dorpie, Obidos, voordat ons by ons hotel in die omgewing van Lissabon arriveer.


Dag 7 – Ons verken die hoogtepunte van Lissabon en besoek dan die mooie Sintra aan die buitewyke van Lissabon, met sy sprokieskasteel saam met ’n plaaslike gids.


Dag 8 – Vertrek vroegoggend na Seville in Spanje bekend vir onder meer die Catedral de Sevilla, een van die mees impossante katedrale in Europa asook die pragtige Plaza di España. Hier is soveel mooie kuns dat mens nie kan ophou foto’s neem nie!


Dag 9 – Heeldagbesoek aan Seville. Ons doen ’n staptoer saam met ’n plaaslike gids en beleef hierdie stad wat volgends legende deur Hercules self gebou is! In die aand woon ons ’n flamenco-vertoning by.


Dag 10 – Ons groet Seville en reis na Ronda wat deur die El-tajo-kloof in twee verdeel word. Hier vertel ’n plaaslike gids ons meer van die stad wat uit die Moorse-besetting dateer. Ons reis verder na Granada aan die voet van die Sierra Nevada-berge, waar ons vir twee aande tuisgaan.


Dag 11 – Heeldagbesoek aan Granada. ’n Plaaslike gids vertel ons meer van hierdie mooi stad. U kry ook die geleentheid om die Alhambra te besoek – hierdie paleis en fort lok jaarlike duisende toeriste met sy Islamitiese argitektuur en vakmanskap.


Dag 12 – Ons reis vandag noordwaarts al langs die Mediterreense kus na Valencia, die geboorteplek van paella, waar ons oornag. Hierdie pragtige stad is bekend vir sy rustige atmosfeer, die Beurs van Sy en natuurlik die Sentrale Mark en Water Tribunaal.


Dag 13 - Ons reis verder noord en doen aan by die mooi vissersdorpie Peniscola met sy kasteel, oulike winkeltjies en gangetjies op ’n skiereiland. Ons slaap vir die volgende twee aande reg langs die Mediterreense see net buite Barcelona.


Dag 14 - Vandag kry u die geleentheid om Barcelona op eie stoom te verken. Wat van ‘n besoek aan die Sagrada Familia of kuier in die bekende Las Ramblas-straat?


Dag 15 - Ons laaste dag breek aan. Geniet vir oulaas nog ’n sangria en tapas of doen ‘n paar inkopies. Nadat ons tasse gepak is, groet ons Spanje vir ons vlug na JNB. Aandete geniet u aan boord met ‘n glasie wyn of drankie van u keuse.


Dag 16 - Land in JNB Internasionaal. Stokflou na ’n fantastiese toer!


Met ontvangs van u deposito en inskrywingsvorm word u plek bespreek!


Toerdatums:

5 - 20 Oktober 2024



R66 750


per persoon wat dubbel of twinkamer deel, gekoppel aan wisselkoersveranderinge 


Toerdatums en toerprys sal ongeveer April 2024 bevestig word!



Deposito betaalbaar is R6 000 per persoon vir plek bespreking



Ingesluit by u toerprys:

  • Vliegkaartjies
  • Ontbyt elke dag
  • Meeste aandetes
  • Verblyf in goeie hotelle (3- en 4-ster)
  • Busvervoer in 'n luukse lugversorgde toerbus
  • Flamenco-vertoning in Seville
  • Gebruik van plaaslike gidse


Nie ingesluit nie:

  • Koste om ‘n paspoort en visum te kry
  • Sakgeld, drankies en fooitjies
  • Opsionele uitstappies
  • Enkelkamer ongeveer R13 200


WIL U IETS WEET?

U kan ons gerus direk skakel op 087 170 0714

of stuur ons 'n e-pos na tjtoere@jenny.co.za.


U kan ook hieronder u e-pos adres en telefoonnommer insit en ons skakel u dan terug.

E-pos* Required field!
Telefoonnommer Required field!

Volg ons op Facebook

Powered by

Your cart is empty Continue
Shopping Cart
Subtotal:
Discount 
Discount 
View Details
- +
Sold Out