MEDITEREENSE BUSTOER

Mediterreense Bustoer

Ons gewilde kustoer vanaf Katelonië in Spanje tot in Kroasië

Vergelyk gerus ons prys met ander toere van dieselfde lengte en ekstras

Toerplan

Dag 1 – Vertrek die aand vanaf JNB Internasionaal. Geniet aandete aan boord asook ontbyt net voor ons land in Barcelona.


Dag 2 –Kry ons persoonlike luukse lugversorgde bus by die lughawe en vertrek dadelik vir ’n stadstoer van Barcelona en sien onder andere Antoni Gaudi se La Sagrada Familia. Slaap in die vakansiedorpie Calella, reg langs die Mediterreense see.


Dag 3 – Heeldagbesoek aan Barcelona. Verlustig u in die unieke argitektuur van die stad. Besoek die Las Ramblas vir inkopies. Vroegmiddag vertrek ons na Montserrat in die berge van Katelonië en besoek die Benediktynse klooster met asemrowende uitsigte.


Dag 4 – Vandag is u vry om Barcelona op eie stoom te verken per trein (opsioneel) of net rustig in Calella se winkeltjies rond te kuier en op die strand te baljaar! Wat van tapas of seekos op die strand by een van die strandrestaurante? Oornag weer in Calella met sy glashelder seewater.


Dag 5 – Vertrek net na ontbyt noordwaarts. Ry al langs die kus oor die Pireneë bergreeks na Frankryk se Languedoc distrik.  Hier besoek ons die middeleeuse stad Carcassonne met sy 53 wagtorings en dubbele stadsmuur – kompleet soos ’n sprokie uit die 12e eeu.  Oornag in die oud-Romeinse stadjie, Nimes.


Dag 6 – Vandag reis ons verder deur Provaans waar ons in die pragtige Avignon aandoen aan die walle van die Rhône rivier en ook die Pont du Gard besoek.  Reis verder na die kus waar ons oornag in die dorp, Frèjus, aan die Franse Riviera.


Dag 7- Sit vanoggend ons reis voort al langs die Franse kus.  Ons doen aan in die parfuumhoofstad, Grasse, en kry ’n blykie van hoe parfuum gemaak word.  Steek die grens oor na Italië en slaap vanaand in die hoofstad van Liguria, Genoa.


Dag 8 – Vandag besoek ons Cinque Terre, die bekende “Vyf dorpies”.  Ons vertrek douvoordag na Levante waar ons per ferrie na die mooiste kusdorpies aan die Liguriaanse kus reis.  Oornag weer in Genoa.


Dag 9 – Vanoggend reis ons verder na die stad van liefde en romantiek aan die oewers van die Adige-rivier – Verona, verewig in Shakespeare se roman, Romeo en Juliet.  Namiddag reis ons na Quarto d’Altino naby Venesië, waar ons oornag.


Dag 10 – Vertrek vroegoggend met die trein na die stad van water, Venesië. Wat van ‘n gondelvaart of waterbus (opsioneel) of stap sommer oor die honderde bruggies terwyl u pizza eet. Slaap weer in Quarto d’Altino.


Dag 11- Ons vertrek vanoggend na Rabac in Kroasië waar ons vir die volgende drie dae tuisgaan reg langs die Adriatiese see. Oppad soontoe, doen ons aan by Portoroz, ’n pragtige vissersdorpie aan die Sloveense kus.


Dag 12 – Vandag kry u die geleentheid om die kusdorpies van Kroasië te besoek onder andere Rovinj en Hum, die kleinste stadjie ter wêreld. Geniet van die heerlike wyne en olywe van die omgewing.  Namiddag kuier ons luilekker langs die see.  Wat van ’n koue bier of roomys?


Dag 13 – Vandag kry u die geleentheid om luilekker langs die strand te ontspan by ons hotel in Rabac. Ons doen ‘n besoek aan die eilande in die omgewing per boot (opsioneel).


Dag 14 – Nadat ons tasse gepak is, groet ons Kroasië vandag en reis na Marco Polo lughawe buite Venesië  vir ons vlug na JNB.  Aandete geniet u aan boord met ‘n glasie wyn of drankie van u keuse.


Dag 15 – Land in JNB Internasionaal. Stokflou na ’n fantastiese toer!


Met ontvangs van u deposito en inskrywingsvorm word u plek bespreek!


Die soortgelyke toer was Februarie verlede jaar reeds volbespreek !!!

Uitstaande Balans: binne tydperk van 3 maande voor vertrekdatum

Deposito betaalbaar is R6000 per persoon




2 - 16 September 2024



R57 950 


per persoon wat dubbel of twinkamer deel, gekoppel aan wisselkoersveranderinge 




Deposito betaalbaar is R6 000 per persoon vir plek bespreking

Ekstras ingesluit by u toerprys:

Vliegkaartjies

Verblyf in goeie hotelle

Ontbyt en driegang aandete elke dag, behalwe 2 aandetes

Busvervoer in Europa in ‘n luukse lugversorgde bus

Treinrit na en vanaf Venesië


Nie ingesluit nie:

Koste om ‘n paspoort en visum te kry

Mediese/Reisversekering

Ekstra persoonlike uitstappies en alle opsionele groepsuitstappies

Enkelkamer R9022.50


WIL U IETS WEET?

U kan ons gerus direk skakel op 087 170 0714

of stuur ons 'n e-pos na tjtoere@jenny.co.za.


U kan ook hieronder u e-pos adres en telefoonnommer insit en ons skakel u dan terug.

E-pos* Required field!
Telefoonnommer Required field!

Volg ons op Facebook

Powered by

Your cart is empty Continue
Shopping Cart
Subtotal:
Discount 
Discount 
View Details
- +
Sold Out